DVD-opnemer

'n Soney DVD-opnemer
'n DVD-opnemer met 'n geïntegreerde hardeskyf

'n DVD-opnemer is 'n DVD-masjien wat televisieprogramme en opnames van digitale videokamera's op DVD-skywe kan skryf, maar ook as gewone DVD- en CD-speler kan dien. Die mees gevorderde DVD-opnemers, wat tans onder meer deur die Japannese vervaardiger Panasonic aangebied word, is in staat om op alle beskikbare DVD-formate (DVD-R, DVD-RW, DVD-RAM, +R en +RW) te skryf, speel DVD-Oudio-opnames en kan danksy hulle HDMI-koppelvlak DVD-opnames in hoë resolusie weergee, wat veral geskik is vir LCD- en plasmavertooneenhede.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search